
Aantekening: Denkbeeldige insetbelasting op tweedehandse vaste eiendom: Te goed om waar te wees, of nie goed genoeg nie?
2022-07-26"Aangesien die Belastinghof oortuigend beslis het dat denkbeeldige insetbelasting ook op hereregte bereken kan word, word aanbeveel dat die BTW-wet gewysig word sodat vergoeding nie hereregte insluit nie en sodat ’n BTW-ondernemer die hereregte op die aankoop van vaste eiendom, vir belasbare doeleindes, as ’n aftrekking op sy BTW-opgawe kan eis."

BTW, belasting en die toerismehuisvestingsbedryf: ’n onderhoud met Marlene Botes
2022-03-02"[E]lke verhuurder van ’n huis of ander blyplek moet hom deeglik van BTW vergewis. Aangesien verhuringstransaksies van mekaar verskil en die verhuurder se ander bedrywighede ook ’n invloed op sy BTW-registrasieverpligting kan hê, is dit noodsaaklik dat ’n verhuurder by ’n geregistreerde belastingpraktisyn aanklop ten einde sy BTW-risiko’s te bestuur."

Aantekening: Verhuring van ’n huis: Wanneer die SAID met hul BTW-koffers mag kom aanklop
2021-11-22"’n Verhuurder wat in die verlede versuim het om uitsetbelasting te verklaar en nou sy sake in orde wil kry, moet sy transaksies noukeurig ontleed om te bepaal of BTW-registrasie inderdaad nodig is en, indien wel, van wanneer af."

Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners
2020-11-09"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."