Ek is ’n gebore en getoë Marientaller uit die suide van Namibië. My hart lê diep in die berge en ander wildernisgebiede van ons land en dis waar ek loop wanneer ek die kans kry. Ek doen oa jeugterapieprogramme in die wildernis en ook begeleide oornagstaptoere (Visrivier, Naukluft, ens). Tuis (Brakwater, Windhoek) hou ek my besig met aanlyn verhandelings op die JSE, hoofsaaklik in afgeleide instrumente ("derivatives").
Ek is getroud met Mariele, ’n Suid-Afrikaner, en ons het twee kinders, Elizabeth en Nuwa. Afrikaans het reeds sedert my skooldae ’n groot plek in my hart.