USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks
2022-08-01"Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis."