Marisca Esterhuysen

Ek is ‘n voltydse student wat nooit genoeg kan leer nie. Van ‘n voorgraadse kwalifikasie in gedragsgenetika tot ‘n honneurs in radiobiologie en tans ‘n MSc-student in chemie, begin ek (hopelik) volgende jaar met nog mediesgeoriënteerde studies. My motto: Niemand kan kennis van jou af wegneem nie.

Ek is gebore in Johannesburg en is die jongste van drie kinders. My pa is ‘n rekenaarghoeroe, my ma ‘n tuisteskepper. My suster en haar man is suksesvolle biokinetici en my broer (die oudste) is betrokke by die bou van ‘n gaspyplyn tussen die eilande naby Tanzanië. Ek is ‘n doodgewone 26-jarige wat voluit leef en altyd kans sien vir nog ‘n uitdaging. Laerskool Roodekrans is die plek waar my passie vir leer ontwikkel het en op Hoërskool Roodepoort het ek in 2008 gematrikuleer. Johannesburg se gewoel het ek na skool verruil vir die plattelandse Vrystaat en dit is hiér waar ek hoort. 

Twitter: @vancedM

Einstein-kompetisie: Marisca Esterhuysen

Marisca Esterhuysen Einstein-kompetisie 2016-05-19

Marisca se motto is: Niemand kan kennis van jou af wegneem nie.

Top