Marilet Sienaert

Marilet Sienaert (BA Hon, MA, PhD)

Marilet Sienaert was professor in die Departement Moderne Tale by die Universiteit van Durban-Westville (nou ingesluit by die Universiteit van KwaZulu-Natal) voordat sy die posisie van Uitvoerende Direkteur, Navorsing by die Universiteit van Kaapstad (UK) beklee het (2001 tot 2019). Aspekte van haar doktorale tesis is deur Human & Rousseau gepubliseer as Die Franse bydrae tot Africana literatuur, 1622-1902. Sy het verskeie publikasies oor die kuns en poësie van Breyten Breytenbach die lig laat sien, soos die titelbydra in Breytenbach se Painting the eye (1993) asook The I of the beholder. Identity formation in the art and writing of Breyten Breytenbach (2001). As Uitvoerende Direkteur by UK was sy onder meer aan die hoof van navorsingsontwikkeling, navorsingsetiek, nagraadse studie en navorsersbevordering. As UK-verteenwoordiger op navorsingsnetwerke (International Alliance of Research Universities; Worldwide Universities Network; Africa Research Universities Alliance) het sy haar beywer vir die bemiddelling van interdissiplinêre navorsingsvennootskappe en projekte tussen UK en internasionale navorsingsinstansies. Sy is ‘n stigterslid van die Internasionale Professionele Navorsingsbestuursraad en voorsitter van die Tegniese Ewekniebeoordelingskommittee, ‘n liggaam wat die professionele en verantwoordelike praktyk van navorsingsbestuur bevorder. Tans geniet sy die geleentheid om as navorsingsgenoot weer betrokke te raak by projekte rakende navorsingsbelangstellings van haar vroeër loopbaan.

Marilet Sienaert, foto-erkenning: https://iprcouncil.com/marilet-sieneart/

Saam-mekaar-anders-maak as beweging – ’n perspektief op Breyten Breytenbach se skilderkuns tydens COVID-19

Marilet Sienaert Seminare en essays 2022-03-01

"Hoe vind die saam-mekaar-anders-maak as kompas van hierdie Breytenbach-inisiatief neerslag in die visuele werk? Soos wanneer ’n leser ’n bundel oopslaan en aan ’n gedig begin lees, kom ’n kyker te staan voor ’n skildery, maar hoe word ’n moontlike interaksie of saam-mekaar-anders-maak van stapel gestuur? Wat is dit wat in beweging kom, en waaruit bestaan so ’n wisselwerking?"

Top