Mariëtte Joubert

Mariëtte Joubert (née Van Straaten) verwerf in 2008 haar BSocSc-graad (Maatskaplike Werk) met lof aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy begin haar beroep as maatskaplike werker by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling Welkom in 2009, waarna sy vir 15 maande werksaam was by Kindersorg Bloemfontein. Sy was vanaf Februarie 2011 tot Desember 2014 werksaam by die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Herintegrasie van Oortreders (NICRO) Bloemfontein. Haar meestersgraad verkry Mariëtte in forensiese maatskaplike werk met lof by die Universiteit van die Vrystaat in 2012.

Sy begin deeltyds ’n privaat praktyk gedurende 2012 wat hoofsaaklik fokus op forensiese assesserings. Sedert Januarie 2015 is sy voltyds in privaat praktyk en lewer hoofsaaklik forensiese dienste wat insluit kriminele en traumawerk. Mariёtte is sedert 2014 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat as ‘n navorsingsgenoot en ook nou ’n ad hoc-dosent.

Einstein-kompetisie: Mariëtte Joubert

Mariëtte Joubert Einstein-kompetisie 2016-05-09

Mariëtte is sedert Januarie 2015 voltyds in privaat praktyk en lewer hoofsaaklik forensiese dienste wat insluit kriminele en traumawerk. Sy is sedert 2014 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat as ‘n navorsingsgenoot en ook nou ’n ad hoc-dosent.

A process evaluation of a traffic offences assignment

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert Academic research 2015-12-21

"The traffic offences diversion programme was developed to bring offenders to an understanding that their traffic offence is not only a criminal offence, but may lead to the death or serious injury of themselves, passengers and other people."

'n Prosesevaluering van 'n verkeersoortrederswerkopdrag

Carel van Wyk, Mariëtte Joubert LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-12-21

"Dit het dalk tyd geword dat daar in Suid-Afrika se regstelsel meer voorsiening gemaak word vir doeltreffende rehabilitasieprogramme eerder as blote boetes of tronkstraf."

Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum

Mariëtte Joubert, Marisa Pietersen, Carel van Wyk 2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."
Top