Marietjie Pauw

Marietjie Pauw verwerf die grade BMus (1990), BMus(Hons) (1991), en MMus (1996) aan die Universiteit Stellenbosch.

Sy ontvang die Unisa Onderwyslisensiaat Diploma en die Unisa Uitvoerderslisensiaat Diploma in 1991 van die Universiteit van Suid-Afrika onder leiding van Éva Tamássy as haar fluitdosent.

In 2015 verwerf sy ’n PhD in artistieke navorsing aan die Universiteit Stellenbosch onder studieleiding van Stephanus Muller.

Sy bied referate en dwarsfluit-uitvoerings by nasionale en internasionale konferensies aan. Sy publiseer in South African Music Studies (2015), NewMusicSA Bulletin (2016) en Journal of the Musical Arts in Africa (2017).

Sy gee dwarsfluitles by die Johnman Musieksentrum op Stellenbosch, en tree as fluitspeler op in ensembles en konsertkurerings wat onder meer debuteer op die hooffeesprogramme van die Nasionale Kunstefees (2006), die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (2007) en Klein Karoo Klassique (2012).

Sy bied verskeie programme op die Woordfees aan. In 2012 reik sy die kompakskyf Fofa le nna met fluitspeler Barbara Highton Williams uit. Die kortfilms Kreun en Khoisan ghost kreun (Aryan Kaganof 2016) beeld Marietjie en Garth Erasmus se spel uit in ’n uitvoering wat die omstrede geskiedenis van Roesdorp op Stellenbosch verklank.

Marietjie is ’n postdoktorale navorsingsgenoot by Africa OpenInstituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie by die Universiteit Stellenbosch. Haar huidige navorsingsprojek by Africa Open behels karterings van klank, oftewel “mapping music and musicking”.

Haar konsertkurerings word veral gerig deur die uitdagings wat dekoloniale estese (“decolonial aesthesis”) stel. Dekoloniale denke noop haar as artistieke uitvoerder om aan te hou vra hoe dit wat ons doen, dan nou saakmaak, wetend dat die dwarsfluit by Marikana in ’n geweer verander, aldus die kortfilm Threnody for the victims of Marikana (Kaganof 2014).

LitNet Akademies Weerdink: Die "Die Land"-musiekvideo, mites en nostalgie

Marietjie Pauw Seminare en essays 2019-04-30

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2019. “Behoort” die Afrikaner in Suid-Afrika? Waar bevind Afrikaners hulle in 2019? LitNet het vir Marietjie Pauw gevra om oor die hedendaagse herrie met Steve Hofmeyr en die “Die Land”-musiekvideo te besin.

Reverberations of Poerpasledam for flute and piano by Arnold van Wyk

Marietjie Pauw Academic research 2017-09-07

"Through this article curation the reverberations of Poerpasledam resonate into juxtapositions of time, place and ideology while contemporary music practices change."

Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier

Marietjie Pauw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-09-07

"Poerpasledam lewer nie slegs kommentaar op die verlede nie, en nie net kommentaar omtrent ander persone op ander plekke nie. Poerpasledam staan as verklanking vir dit wat mense doen oor tyd- en plekgrense heen wanneer ons, te midde van ’n brose ekologie, skeppend probeer leef."

Top