Ek het Latynse en Franse letterkunde studeer by UP en ’n Meestersgraad behaal oor die poësie van Horatius. Ek was Latynonderwyseres aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Hoërskool Menlopark en het Latyn doseer aan UP en Unisa. Daarna het ek betrokke geraak by gestremderegtepolitiek en is in 1996 deur President Mandela benoem tot die Nasionale Kommissie vir Spesiale Onderwysbehoeftes wat die beleid vir inklusiewe onderwys geformuleer het. Vanaf 1997 werk ek as inklusiewe-onderwyskundige, eers in die Gautengse Onderwysdepartement en tans in die nasionale Departement van Basiese Onderwys. Ek skryf beleid en moniteer implementering op provinsiale vlak. Ek dien ook op ’n internasionale jurie van UNESCO vir die Emir van Kuwait-prys vir uitmuntende navorsing op die gebied van verstandelike gestremdheid. Ek is ’n ereraadslid van Downsindroom Suid-Afrika en ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad.