Mariehetta Matthee
Mariehetta Matthee is ’n gebore Vrystater uit Marquard se wêreld. Sy studeer aan Kovsies om ’n MA in Afrikaans te behaal, nadat sy aanvanklik met BA Drama- en Toneelkunde begin het. Sy begin haar onderwysloopbaan aan die Hoërskool Witteberg (Bethlehem), Jim Fouché (Bloemfontein) en C en N Sekondêre Meisieskool Oranje waar sy sedert 1993 die skoolhoof is. Sy staan nog elke dag in die klas, want skoolhou en haar liefde vir Afrikaans en kinders het nog nie verflou nie!
Klaskamerklets: Onderhoud met Mariehetta Matthee
Carine Janse van Rensburg, Mariehetta Matthee
2014-10-20
’n Geselsie met Mariehetta Matthee, skoolhoof van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat steeds elke dag in die Afrikaans-klas staan!