Marianna Botes

Marianna Botes het haar voorgraadse universiteitsopleiding aan die Universiteit van Pretoria ontvang. Sy het ’n MA-graad in kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en ’n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. In Junie 2015 is die Protea Boekhuis-prys vir die beste geskiedenisproefskrif in Afrikaans deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan haar toegeken vir haar proefskrif “Bloemfontein gedurende die bewind van president FW Reitz, 1889–1895: ’n kultuurhistoriese studie”.

Sy het haar loopbaan in 1982 as navorser by die destydse Vrystaatse Provinsiale Museumdiens begin en is sedert 1987 as navorser in die Geskiedenis-afdeling by die Nasionale Museum in Bloemfontein werksaam. Sy is ook betrokke by die bewaring en restourasie van historiese geboue en erfenisterreine. Sy het verskeie artikels in wetenskaplike joernale en in populêr-wetenskaplike tydskrifte en koerante gepubliseer en is die medeskrywer van twee boeke oor die argitektuur van die Vrystaat. Sy het verskeie kongresreferate en lesings oor argitektuur, bewaring en erfenisterreine aangebied, terwyl sy ook aan paneelbesprekings en verskeie radio- en TV-onderhoude oor voorgenoemde onderwerpe deelgeneem het. Sy is ’n kundige op die gebied van Vrystaatse kultuurgeskiedenis in die 19de eeu en is ’n navorsingsgenoot van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is ’n raadslid en ondervoorsitter van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis, was ook ’n raadslid van Heritage Free State (die provinsiale erfenisowerheid), en dien op die redaksie van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis.

Bloemfontein as military headquarters in the second half of the 19th century, with special reference to the Reitz era, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels Academic research 2021-05-28

"The article clearly shows that although the OFS’s State Artillery was gradually expanded in the course of the second half of the 19th century and all the state’s presidents, including F.W. Reitz, took a keen interest in the defence of the OFS, it did not save the Boer republic from British conquest in 1900."

Bloemfontein as militêre setel in die tweede helfte van die 19de eeu, met spesiale verwysing na die Reitz-tydperk, 1889–1895

Marianna Botes, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-28

"Die OVS se militêre voorbereidings onder leiding van die Reitz-regering, en daarna dié van die Steyn-regering, was dus nie voldoende om die OVS (en dus ook Bloemfontein as regeringsetel) uit die kake van die Britse Ryk te red nie. Dit het egter nie eerloos vir die OVS afgeloop nie."

Top