Mariaan Ueckermann

Ek is 66 jaar oud en al 25 jaar lid van Glenstantia Leeskring. Ek woon in die Jakarandastad. Ek is getroud met Otto en ons het twee volwasse kinders. My vier kleindogtertjies vul my lewe met oneindige vreugde. Afrikaanse letterkunde is my passie en ek koop al van jongs af boeke aan. Ek het byvoorbeeld ’n kopie van die eerste druk van Kennis van die aand van André P Brink. My nuutste toevoeging tot my boekrak is Die wêreld van Charlie Oeng.

Glenstantia Leeskring: Geskiedenis en hoogtepunte

Mariaan Ueckermann Leeskringkamer 2018-10-17

"Boeke, en die wêreld wat lees skep, word in hierdie klein leeskring na waarde geskat." Mariaan Ueckermann van Glenstantia Leeskring deel herinneringe en foto's van die leeskring se hoogtepunte die afgelope paar jaar.

Top