Mari Spangenberg

My naam is Mari Spangenberg, gebore in Kaapstad op 3 Augustus 1999. Ek het twee fantastiese, ouer broers en liefdevolle ouers wat vir my sorg. Dans is een van my passies. Dit is vir my baie lekker om te ontsnap in my eie wêreld van fiksie; dus speel lees en skryf ’n groot rol in my lewe. Ek geniet dit om my regterbrein ook soms te gebruik, al is ek ’n linkerbreinkind. Ek kan nie ’n dag in die winter sonder koffie klaarkom nie en hou baie daarvan om met my broer koffie te koop in Tygervallei by Vida e Caffe.

WF 2015: Wanneer kunsmatige intelligensie wen

Mari Spangenberg Kuberklas Kreatief 2015-05-08

Anna swaai haar kop verskrik in die rigting van die bloedstollende gille. Een minuut en vyf-en-veertig sekondes op haar arm. Sweet tap in watervalle by haar gesig af asof iemand ’n kraan bo haar kop oopgedraai het.

Top