Mari Lategan

Marí Lategan is uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by Curro Holdings, die Suid-Afrikaanse privaatskoolgroep. Sy het ’n MBA en honneurs in Joernalistiek (beide cum laude) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf, waarna sy uitgewer was van Media24 se vrouetydskrifte. Haar loopbaan in die mediawêreld is gevolg deur tien jaar as entrepreneur en eienaar van In Context, ’n konsultasiebesigheid gefokus op veranderingsbestuur. Haar passie vir die kunste het gelei tot die skepping van Curro Create, Curro se nasionale inisiatief gefokus op die ontwikkeling van die kunste in samewerking met Wordsmith’s Theatre Factory. Sy is betrokke by die Departement van Joernalistiek aan die US as mede-koördineerder van die program in media-entrepreneurskap.

Ai, Ma

Mari Lategan Fiksie 2021-01-19

"Dan tref dit my – die wêreld is in sy moer, haar plan ook: Daar gaan die sekerheid oor die privaat skool, die Britse kurrikulum, ’n hele jaar se nasionale prestasies in sport en kultuur, die sterk bande met ’n diverse groep Engelse vriende, en genoeg geld vir residency of dalk selfs citizenship om seker te maak die groen paspoort kan eendag vir altyd versnipper word."

Top