Marga Stander

Marga Stander is ’n senior dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Sol Plaatje Universiteit, waar sy veral op die ontwikkeling van Afrikaanse taalvariëteite in die Noord-Kaap fokus.
 
Ander belangstellings sluit tweedetaalaanleer en -onderrig van gesproke sowel as gebaretaal in. Sy het ’n beurs van die NRF (Thuthuka – Women in Research) ontvang wat sy gebruik het om hierdie aspekte te ondersoek.
 
Sy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat se departement vir Gebaretaal en Dowe-studies. Sy is ook ’n lid van die Internasionale Vereniging vir Toegepaste Taalkunde (AILA) en ook van die navorsingsentiteit (ReN) wat gebare in tweedetaalverwerwing ondersoek. Sy dien op die advieskomitee van die Afrikaanse taalkommissie en lei die taakspan vir die hersiening van die Sol Plaatje Universiteit se taalbeleid.

Oorsig: Dit is ’n Noord-Kaap Ding-kollokwium oor die Noord-Kaap

Marga Stander Seminare en essays 2022-10-27

"Dit was die tweede suksesvolle kollokwium wat aangebied is deur die Skool vir Geesteswetenskappe, Sol Plaatje Universiteit (SPU), Kimberley, in samewerking met die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Oor twee en ’n halfdae is ’n vol program met vyf verskillende temas rakende die Noord-Kaap aangeraak, naamlik Khoi-, San- en inheemse tale en variëteite, kontemporêre sake, nalatenskap, koloniale weerstand en gemeenskapsbetrokkenheid."

Top