Mareli Swart

Ek het my grootwordjare in my geboortedorp Empangeni, KwaZulu-Natal, spandeer waar my ma by my ’n liefde vir lees en Afrikaans gekweek het. As leser en skrywer het ek besluit om tale te swot, dit is hoe ek by die Departement Afrikaans en Nederlands beland het en my honneurs in vertaling gedoen het.

In Junie 2022 het ek die geleentheid gehad om met my honneursnavorsing ’n simposium by die KU Leuven Brusselkampus by te woon en ’n referaat daaroor te lewer.

Ek is tans besig met my MA in vertaling en daarna hoop ek om weg te spring met ’n PhD – ek wil aanhou om tot die vertaalnavorsingsveld by te dra. Laastens, is ek ’n groot foodie en al is dit vir party ’n bietjie vreemd, sal ek graag ook wil navorsing doen oor die samestelling van respteboeke, omdat daar klaarblyklik niks oor die veld geskryf is nie.

USAN 2022 – in gesprek met Mareli Swart

Naomi Meyer, Mareli Swart Seminare en essays 2022-07-01

"Ek was onlangs by ’n simposium in Brussel waar ek kon praat oor Afrikaans en vertaling in Afrikaans; ek kon gesprekke voer met mede-akademici oor my vakgebied en my taal terwyl hulle luister en ek later weer na hulle."

Top