Magda Slabbert

Magda Slabbert het haar BA-graadstudies aan die Universiteit van die Vrystaat begin. Na sy haar graad behaal het, het sy ’n honneursgraad in joernalistiek in Stellenbosch voltooi. Tydens die praktiese deel van die kursus het sy in die SABC se kantore in Bloemfontein gewerk en haar man ontmoet. Die daaropvolgende jaar keer sy terug na die Universiteit van die Vrystaat, waar sy haar Hoëronderwysdiploma voltooi. Daarna hou sy skool op Fauresmith tot en met hulle troue, waarna sy en haar man na Pretoria verhuis. In 1993, na die geboorte van hulle tweede seun, begin sy met haar BProc-graad deur Unisa. Sy verwerf haar LLB-graad ook deur Unisa. In 2000 besluit sy om terug te keer na haar alma mater en begin haar doktorale studie in mediese reg onder leiding van Prof Oosthuizen by die Universiteit van die Vrystaat. In 2003 is die graad aan haar toegeken. Intussen het sy regsvakke gedoseer by die Technikon Pretoria (vandag die Tshwane Universiteit van Tegnologie) se Polokwane-kampus. In 2003 doen sy die pupilskap by die balie in Pretoria, maar besluit die praktyk is haar nie beskore nie. Sy gaan terug na die onderwys en gee klas vir kinders by Carpe Diem Akademie. In 2006 is sy by Unisa aangestel as senior lektor. Intussen het sy in haar veld begin publiseer en in 2011 is sy bevorder tot volle professor. Van 2011 tot 2013 was sy die voorsitter van SAMLA (South African Medico-Legal Association) . Sy is ’n stigterlid van SATiBA (South African Tissue Bank Association). Magda is ’n geakkrediteerde mediator en bied vir die afgelope sewe jaar klasse in mediese reg by LEAD aan. Sy was al ’n spreker by beide internasionale en nasionale kongresse in enige mediesregtelike vakgebied.

Roe v Wade: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue?

Liné Loff, Magda Slabbert Onderhoude 2022-05-26

"Hierdie moontlikheid dat aborsies weer verbied gaan word, het soos ’n veldbrand deur Amerika versprei en vroue in Amerika en elders het in opstand gekom."

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-26

"Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid."

Misplaced benefaction and grievances of the "Liquorice Allsorts family": A law and literature investigation of Zelda Bezuidenhout’s Die waarde van stil bure

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne Academic research 2022-05-26

"The novel touches on the legality and the ethical justification of unauthorised stem cell research and transplant, and also refers to the social milieu during apartheid that shaped the girls’ behaviour over time."

Vonnisbespreking: Die strafregtelike vervolging, skuldigbevinding en kwytskelding van ’n verloskundige en ginekoloog

Magda Slabbert, Melodie Labuschaigne LitNet Akademies (Regte) 2022-05-16

"Die KH se uitsluitlike aandag aan die prosesregtelike kwessie van ’n onregverdige verhoor al dan nie laat die vraag ontstaan of regspleging geheel en al tegnies geskei behoort te word van wat in die betrokke omstandighede eties korrek sou wees."

Top