Lynette Jacobs

Lynette Jacobs was dosent by die destydse Bloemfonteinse Onderwyskollege voordat sy in 2004 in die Department Vergelykende Opvoedkunde en Onderwysbestuur van die Universiteit van die Vrystaat aangestel is. Haar meestersgraad het gefokus op die bestuur van inklusiewe onderwys, en haar doktorale studie op skolegeweld. Haar huidige navorsing fokus steeds op geweld, viktimisasie en uitsluiting binne onderwysstelsels, asook op die oorkoming van sulke hindernisse en die skep van inklusiewe onderwysgeleenthede. Sy is tans die hoof van navorsing op die Suid-Kampus van die Universiteit van die Vrystaat en publiseer gereeld in nasionale sowel as internasionale vaktydskrifte, kongresbundels en akademiese boeke.

Initiation at schools: an investigation into popular discourses

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs Academic research 2021-12-13

"It transpires from this and other South African studies that illegal initiation practices are still the order of the day at some schools in this country."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise: ’n verkennende studie

Eduard Potgieter, Corene de Wet, Lynette Jacobs, Kevin Teise 2014-10-01 Hierdie artikel lewer verslag oor ’n verkennende tweefase-ondersoek oor ontgroeningspraktyke en -beleide by uitgesoekte Vrystaatse hoërskole en skoolkoshuise.
Top