Lukah Joubert

My naam is Lukah Joubert. Ek is in die Hoërskool DF Malan. Ek is in gr. 11 en is 16 jaar oud. Kuns en Engels is my gunsteling-vakke.

WF 2015: ’n Skroef los

Lukah Joubert Kuberklas Kreatief 2015-05-23

Die gezoem van karre wat in die kunsmatige atmosfeer vlieg, die moderne voëls verskeur my ore. Ek kyk by die venster uit na die grys lug. ’n Sonagtige, ronde voorwerp skitter soos ’n neongeel lig, maar dit is nie die son nie. Dit laat jou nie ’n warm, rustige luiheid voel nie, dit is ’n bal van masjinerie. 

Top