Louw Roos
Louw Roos het in 1975 sy MBChB aan die Universiteit van Pretoria behaal en die graad MMed (Psych) in 1983 met lof. In Oktober 1989 behaal hy sy MD (Psigiatrie) aan die Universiteit van Pretoria met ’n proefskrif getiteld “’n Ondersoek na oorsake van selfmoord by pasiënte met skisofrenie”. Sedert 1976 is hy verbonde aan Weskoppies Hospitaal en die Universiteit van Pretoria en in 2001 word hy professor en hoof van die Departement Psigiatrie, Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer of medeskrywer van 95 publikasies in spesialis- en akademiese joernale. Sy navorsingsbelangstellings is gesinsmoord, selfmoord in pasiënte met skisofrenie en die genetika van skisofrenie. In 2010 is hy deur die NNS as ’n gevestigde navorser geëvalueer.
Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge
Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos
2013-03-20
"Dié artikel, wat deel vorm van ’n groter navorsingsprojek, fokus op sommige van die ondervindings eie aan Afrikaanssprekende emigrante. Die groter projek fokus op die impak wat emigrasie op die Suid-Afrikaanse gesinslewe het."