Louise Schmidt

Louise Schmidt het haar doktorsgraad in opvoedkundige filosofie in 2015 aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) behaal. Haar BA- and MA-graad was in die sosiale wetenskappe, waar sy gespesialiseer het in kubernetika, en veral tweede-orde-kubernetika as ’n denkraamwerk vir gesinsterapie.

Sy werk sedert 1994 vir Unisa en in die afgelope 15 jaar is sy betrokke by webwerfbestuur en studentekommunikasie. Die kombinasie van sosiale en ekologiese denke en haar teoretiese agtergrond aan die een kant, en haar werk in kommunikasietegnologie aan die ander kant, het haar gehelp om ’n unieke perspektief op studente se behoeftes te kry.

Haar werk by Unisa het haar genoop om ’n doktorale studie oor studentekommunikasie te doen met die titel "The ecology of distance learning: Towards a framework for student communication at the University of South Africa".  Sy werk steeds op die gebied van kommunikasie by Unisa en doseer ook aanlyn in die vakgebied opvoedkunde.

’n Persoonlike navorsingsreis: ek en my universiteit

Estelle Kruger, Louise Schmidt Onderhoude 2018-09-06

"Ek sou nie wou sê ons leef in ’n gebroke onderwyswêreld nie, maar eerder in ’n hiperkomplekse een. Die enigste oplossing is kommunikasie, openheid, saamwerk en liefde."

Analytical autoethnography as a reflective philosophical instrument: towards an ecology of distance learning

Louise Schmidt Academic research 2018-08-28

"In a world that is increasingly connected, where learning is more distributed and the internet has opened up possibilities of learning outside of formal structures, most distance learning universities will have to find new and innovative ways of communicating with students."

Ontledende outo-etnografie as reflektiewe filosofiese instrument: op pad na ’n ekologie van afstandsonderrig

Louise Schmidt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-08-28

"Leer binne ’n komplekse, genetwerkte samelewing verg ’n leeromgewing waar die dosent nie die enigste kenner is nie, en waar mense oop is om idees vernuwend te kombineer sodat vars konsepte vorendag kom danksy nougesette wetenskaplike, kreatiewe en emotiewe denkprosesse."

Top