Loraine Maritz

Loraine Maritz is verbonde aan die Departement Geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch.

Sy het in 2004 haar DPhil in Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Haar proefskrif het Afrikanervroue se politieke betrokkenheid nagevors - histories, maar veral in die Women’s National Coalition (1991-1994).

Sy het vir baie jare Kriminologie vir graad 12 onderrig en is steeds moderator vir die vak.

Sy was ook betrokke by Die Burger se Koerant in die Klaskamer-projek, waar sy slypskole vir opvoeders aangebied het en handleidings geskryf het. Sy was betrokke by Media24 Learning Online, waar sy as tutor opgetree en materiaal ontwikkel het.

Sy is ook vryskutjoernalis en is veral betrokke by die aanlyn-besigheidsjoernaal Howwemadeitinafrica.com. Sy skryf ook reisartikels vir koerante en tydskrifte.


Welgemoed Kunstefees 2023: Boek-en-koek

Loraine Maritz Feeste 2023-09-27

"Welkom aan die koeke van Robertson!" Met hierdie guitige groet het Nadine Petrick die meer as 300 gaste, wat netjies op die kerkbanke in Welgemoed Kerk ingeryg gesit het, laat skaterlag. Dit was boek-en-koek-oggend, deel van die Welgemoed Kunstefees, en Irma Joubert en Antjie Krog was op die spyskaart.

“KODESA? Is dit ’n nuwe kopseerpil?” 'n Ondersoek na die Afrikanervrou se politieke ingesteldheid in die 20ste eeu.

Loraine Maritz 2012-03-12 Ná 1990, met die beëindiging van apartheid en op pad na ’n demokratiese Suid-Afrika, is die Afrikanervrou gelaat sonder haar tradisionele ankers: dat die Afrikaner, en blankes, meerderwaardig is; dat Afrikaners ’n spesiale verhouding met God het en dat Suid-Afrika regmatig aan die Afrikaner behoort. Die Afrikanervrou was sonder identiteit.

“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition

Loraine Maritz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-11-04

"In hierdie artikel val die soeklig veral op die Afrikanervrou en Afrikanervroue-organisasies wat by die WNC aangesluit het."

Top