Lizz Meiring

Lizz Meiring werk al vir die afgelope 25 jaar as aktrise, komediant, skrywer, dramaturg, regisseur en motiverings-spreker in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld, en vandag is sy een van ons geliefdste sterre.

Tot op hede het Lizz verskyn in meer as 550 verhoog- en televisie produksies, sowel as in 12 vollengte films. Sy het 72 verhoogproduksies geskryf en geregisseer en 3 televisie-reekse geskryf. Sy was ook die mede-skrywer van 'n jeugroman saam met bekroonde skrywer, Barrie Hough. Sy het 'n lang lys toekennings en nominasies agter haar naam en het die stemme opgeneem vir meer as 'n duisend radio-advertensies. Daarbenewens was sy aanbieder van 'n verskeidenheid programme vir televisie en radio.

Onlangse hoogtepunte sluit 'n film-weergawe van Barrie Hough se Skilpoppe, in. Hierdie film was verlede jaar deur M-Net vervaardig en uitgesaai. Lizz het die draaiboek daarvoor geskryf en ook daarin gespeel saam met veterane soos Sandra Prinsloo en Marius Weyers. Sy was ook te siene in Kyknet se gewilde reeks, Hart van Staal, sowel as in die SABC2-program, A word or Two, wat aangebied was deur Jeremy Mansfield. Lizz het huidiglik 'n weeklikse radio-rubriek vir RSG, waarin sy allerhande wonderlike en vreemde dinge van regoor die wêreld ondersoek.

Oor die afgelope vyf jaar, was Lizz te siene in twee eenvrou-vertonings wat sy ook self geskryf en vervaardig het. Elke ander duim 'n dame en Lippetaal. Annalise Bosch was die regisseur van beide hierdie produksies, wat wyd getoer het en op die planke was by 'n verskeidenheid van venues en feeste regoor die land. In June 2006 is haar nuutste produksie, Bizzie Lizzie, vir die eerste keer opgevoer by die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit. Die vertoning is losweg gebasseer op die rubriek met dieselfde naam wat maandeliks in Rooi Rose tydskrif gepubliseer word.


Opgedateer/Updated: 2007-01-29
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

"Bizzie Lizzie" vereer vir diens aan die kunste

Marli van Eeden, Lizz Meiring Onderhoude 2019-03-29

"Wanneer iets ’n mens se prioriteit is, wanneer dit jou suurstof is, is dit jou hartstog en maak jy tyd daarvoor. Die dinge wat ek aanpak, is my suurstof, my asemhaal – hoe sal ek nie tyd hê om asem te haal nie?"

Top