Eintlik alles: ’n onderhoud met Alta Cloete en Lisa Uys
2021-04-14Die romanseskrywer Ronelle Uys het haar lewe in 2017 weens kanker verloor. Haar dogter probeer sedertdien haar laaste manuskrip publiseer, en met die hulp van Alta Cloete is die werk in Februarie 2021 deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Cliffordene Norton gesels met Alta Cloete en Lisa Uys oor die proses om Eintlik alles postuum gepubliseer te kry.
