Linda Schoeman-Malan

 

MC (Linda) Schoeman-Malan is ‘n professor in privaatreg, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria. Sy beskik oor die grade BA (Regte), LLB en LLD (UP). Sy het haar loopbaan as staatsadvokaat begin en is in 1981 as senior lektor by UP aangestel. Sy verwerf haar LLD in 1990. Na ‘n driejaar-sekondering (2009–2011) na Studentesake en die regskliniek as adjunkdirekteur keer sy in 2012 na haar vorige posisie in die Departement Privaatreg terug. Sy is medeskrywer van Erfreg (4de uitgawe) en Bestorwe boedels (9de uitgawe). Linda doseer die afgelope 30 jaar erfreg, personereg en die LLM in boedelreg. Sy is ‘n NNS-gegradeerde navorser, en ook ‘n toegelate advokaat van die hooggeregshof van Suid-Afrika.

Vonnisbespreking: Is die Moslemhuwelik nou ’n erkende huwelik?

Linda Schoeman-Malan LitNet Akademies (Regte) 2015-01-06

In Faro v Bingham kom die vraag na die Moslemvrou se regte ten aansien van die Moslemhuwelik en die regsgevolge daarvan by ontbinding van die huwelik opnuut ter sprake. Linda Schoeman-Malan bespreek die vonnis.

Privaatregtelike perspektief op onwaardigheid om te erf – die uitwerking van gesinsmoorde

Linda Schoeman-Malan 2013-10-30 "Die onwaardigheidsbeginsel bekend as die 'bloedige hand' wat ’n wandader verhoed om te erf, en die oorhoofse gemeenregtelike onwaardigheidsbeginsel wat behels dat geeneen voordeel mag trek uit sy eie onregmatige optrede nie, word bespreek met verwysing na die grondslag van hierdie beginsels."

LitNet Akademies (Regte): Linda Schoeman-Malan gesels met George Pelser en Christa Rautenbach

Linda Schoeman-Malan, George Pelser, Christa Rautenbach 2012-10-08 Linda Schoeman-Malan gesels met George Pelser en Christa Rautenbach oor hulle LitNet Akademies-artikel "Begrafnisregte in die konteks van die Afrika-gewoontereg en die rol van die testamentopsteller".
Top