Lien Roux-de Jager

Lien is ’n gepubliseerde skrywer wat aanvanklik met jeug- en kinderverhale begin het (onder die skryfnaam Heléne Roux en later Lien Roux-de Jager) en later ook liefdesverhale (romanses) onder die skryfnaam Joléne de Koningh. Sy het ook ’n historiese roman geskryf en ’n kort roman wat handel oor ’n gestremde seun (skryfnaam Lien Roux-de Jager).

Sy woon nou tydelik (wens dit kom permanent gewees het) op Mafikeng, waar haar man aan die Universiteit van Noordwes doseer. Sy skryf net waar sy laptop kan neersit, so sy is in haar noppies in die nuwe, stimulerende ongewing. As sy nie skryf nie, kerf sy hout en lees en lees en lees. En soms, teen haar sin, praat sy met groepe oor skryfwerk.

Opgedateer/Updated: 2010-02-12
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

LitNet se eerste SêNet-brief (1999): Lekker gelees

Lien Roux-de Jager SêNet-briewe 1999-01-21

"Dis in die moeilike ekonomiese en politieke tye nodig dat die Afrikaanse woord vertroetel word, dat daar met hom rondgespeel word, sodat hy nie net aan die lewe kan bly nie, maar kan groei en gedy."

Top