Lestie Hughes

Lestie Hughes het in 1989 ’n BMus (Ed)-graad en in 2000 ’n MA (Soc)-graad cum laudeaan die Universiteit van Port Elizabeth (nou NMMU) verwerf. Haar MA-navorsing het ’n postmoderne ondersoek na die sosiale en kulturele belang van die musiek van Dudley Tito, ’n Oos-Kaapse township jazz-legende, behels. 

Lestie is ’n musiekleerkrag aan Woodridge College in die Oos-Kaap en bied die afgelope tien jaar op kontrakbasis ’n kursus in Suid-Afrikaanse musiek vir internasionale NMMU-studente aan. Sy is tans besig met doktorale navorsing oor Afrikaner-identiteit soos weerspieël in die Afrikaanse media se dekking van kontemporêre Afrikaanse musiek.

LitNet Akademies-gespreksruimte: Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen

Lestie Hughes, Martina Viljoen 2012-11-15 Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen oor haar LitNet Akademies-artikel “‘Tussen stasies’: ’n Aanwending van die stylfiguur van die trein in die Afrikaanse musiekvideo”
Top