GM (Lerumo) van Zyl (DPhil) doseer English Studies: logic and contemporary rhetoric) in die Fakulteit Krygskunde van die US. Hy het wisselende gespreksvermoë in ses tale, ’n ewe groot liefde vir almal. Hy publiseer in 2020/21 die eiesoortige Masithethisane ngeMpilo ngesiXhosa / Let’s chat about health / Kom ons gesels oor gesondheid in isiXhosa, ’n 330 bladsy- ewekniebeoordeelde gedrukte en e-publikasie (African Sun Media) met meegaande digitale media gemik op eindgebruikers van Xhosa in die openbare gesondheidsektor.
Sy belangstelling is toegepaste akademiese taal- en ander produkte en interdissiplinêre samewerkingsprojekte, en nagraadse taalversorgings- en redigeerwerk. Hy het gedien op die US se Navorsingsetiekkomitee, en navorsingsmetodiek aan nasionale en streeksdeskundiges op die DvV se Executive National Security Programme aangebied. Sy lewenslange dryfveer is die verkryging van rasse-, sosio-ekonomiese en geslagsgelykheid. Hy tree in Mei 2022 af, waarna hy voltydse woordboelie wil wees. Gunstelinggedig: JC Steyn: “Woord en sin”.