Lerie Tredoux

Lerie Tredoux is ’n MA-student verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Sy behaal in 2021 haar BA (Taal en Kultuur) en in 2023 haar honneurs in Vertaling (cum laude) waar sy met Afrikaans en Engels as taalpaar gewerk het om die vertaling van ’n multimodale teks – ’n strokiesprentboek – te ondersoek. Sy is tans besig met haar MA in Vertaling waar sy die agentskap van ’n vertaler in die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek.

Multimodality as translation challenge in translating comics: Calvin and Hobbes as a case study

Lerie Tredoux Academic research 2024-01-15

"This article presents a description of the main translation challenges a translator can face when translating a multimodal text such as a comic, and how these challenges or problems can be solved [...] The theoretical discussion in this article is based on Christiane Nord’s (1997a) categories of translation problems and Anthony Pym’s (2018) typology of translation solutions."

Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

Lerie Tredoux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-15

"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."

Top