Ek is 'n onderwyseres by 'n dubbelmedium-hoërskool in die Vaaldriehoek. Ek is van geboorte af in die Vaaldriehoek. Ek het net-net my onderskeidings in matriek gemis. My eerste studiekeuse was fisioterapie, tweede drama en laastens kommunikasie, vertaling en tale. Ek het Frans, Afrikaans en Nederlands asook Engels studeer tydens my driejaar-BA-graad by NWU. Ek het daarna my NGOS deur NWU gedoen. Ek het 'n jaar gerus en daarna my honneurs in korporatiewe kommunikasie deur Unisa afgehandel. Ek geniet dit om te kommunikeer, skryf, lees en ander te help. Alhoewel ek nou eers drie jaar in die onderwys is, het ek en een kollega reeds in ons distrik pryse ontvang vir die beste gemiddeld vir Lewensoriëntering, wat ook die derde beste gemiddeld vir 'n vak in die distrik gehad het. Ek beoog om volgende jaar my meestersgraad in BA-kommunikasie deur Unisa te doen. Ek hou van studeer en wil graag eendag 'n lektrise by 'n tersiêre instansie word.