Leon Botes

Pieter Leon Botes is lief vir woorde en stories en dit het reeds op skool begin. Hy het in 1988 aan Hoërskool Delmas gematrikuleer, waar sy belangstelling in poësie onder die leiding van 'n inspirerende Afrikaans-onderwyseres, Juffrou van Zyl, begin blom het.

Met die jare het skryf vir hom veel meer as 'n stokperdjie geword – dit het 'n manier geword om die lewe, mense en emosies vas te vang. Sy gedigte is in verskeie digblaaie en versamelbundels gepubliseer, en hy het ook twee selfgepubliseerde digbundels, Kleur jou wêreld en Deseraté, die lig laat sien. Dit bly vir hom 'n voorreg dat sy werk saam met dié van ander digters in verskillende publikasies opgeneem is.

Benewens sy liefde vir skryf, het musiek en radio ook 'n belangrike plek in sy lewe. As radio-omroeper by Kolskoot Radio geniet hy dit om met luisteraars te gesels, musiek te deel en kunstenaars 'n platform te gee om hul stories en talent met die publiek te deel.

Hy glo dat elke mens 'n storie het wat die moeite werd is om vertel te word. Deur sy gedigte, skryfwerk en radiowerk hoop hy om mense te inspireer, te laat glimlag en soms net vir 'n oomblik anders na die lewe te laat kyk. Vir hom is woorde nie bloot letters op papier nie – dit is die brug tussen harte, herinneringe en drome.

ATKV-Crescendo Goud – Divas in Afrikaans: waar herinneringe weer begin sing

Leon Botes Musiek 2026-07-16

"Daar is oomblikke wat ’n mens onverwags terugneem na ’n tyd wat jy gedink het lankal verby is. Nie omdat jy doelbewus onthou nie, maar omdat ’n stem, ’n melodie of ’n enkele liriek herinneringe wakker maak wat stilweg onder die oppervlak gelê het. Só ’n ervaring was ATKV-Crescendo Goud – Divas in Afrikaans wat verlede Saterdag by Daisy Jones-teater by Summerhill-landgoed op die planke was." Leon Botes skryf oor hoe hy dit beleef het.

Top