Die taalverbod by die US verloor broodnodige aandag, maar ek moet iets daaroor sê ....
2023-05-23"Dit gaan my verstand te bowe om te hoor hoe dit verregs is om te wil sien hoe studente floreer in die taal waarin hulle hulself die beste uitdruk – akademies, kultureel en sosiaal. Die verdagmakery van motiewe deur die blindelingse uitdelery van smeerbegrippe soos 'konserwatief' en 'verregs' pak nie die argumenteerbare punt aan dat daar ’n volhoubare, lewenskragtige en billike plek vir akademiese en sosiale Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch moet wees nie."
