Koos de Wet

Johannes Jacobus de Wet (Koos) is in die Oos-Rand gebore en getoë; ’n Brakpanner wat aan die Hoërskool Stoffberg gematrikuleer het. Na twee jaar se nasionale diensplig verwerf hy die grade BLC. LLB. aan die Universiteit van Pretoria waar hy Dux-kleure ontvang het en studenteraadslid vir Radio Tuks was. Hy behaal ook later die nagraadse CFP (Certified Financial Planner) kwalifikasie by die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) en het ook ’n kort rukkie as prokureur gepraktiseer. Koos het na baie jare in 2020 uit sy eie professionele praktyk waar hy die publiek met finansiële- en regsadvies bedien het, afgetree. Sy gedigte, sedert laerskooldae is in ’n tas gebêre, en dit het die afgelope jaar die bron vir Seine geword. In November 2024 het ATKV-Digigedigte ’n gedig wat hy ingeskryf het met ’n A++ toekenning beloon. Dit het hom finaal aangespoor om meer intensief oor die poësie te leer en ’n manuskrip saam te stel en dit aan keuring te onderwerp. Koos is reeds op reis met ‘n tweede manuskrip.

Heil die Leser!: Oor die poëtika van seine, tekens en simbole

Nini Bennett-Moll, Koos de Wet Boekrubrieke 2026-03-30

"Koos de Wet se debuutbundel skep nie ’n lawaai nie – dit stuur seine uit."

Top