
Student eerste in Suid-Afrika met ’n PhD in clowning
2020-11-19Klara van Wyk is die enigste Suid-Afrikaner tot dusver wat ’n doktorsgraad in clowning, oftewel narkunde of narrery behaal het. Sy het in Maart 2020 haar PhD in die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement verwerf. Klara vertel vir Marli van Eeden meer oor wat haar graad en navorsing behels.