Judith Geldenhuys

Judith Geldenhuys is in Ladysmith in KwaZulu-Natal gebore. Sy het in Estcourt skoolgegaan, en daarna die vierjaar-LLB aan die Universiteit van Pretoria voltooi. In 2001 verwerf sy ’n LLM in handelsreg, ook aan die Universiteit van Pretoria. Judith was vier jaar lank ’n dosent aan daardie universiteit, waar sy in verskeie dissiplines klasgegee het, insluitende arbeidsreg, handelsreg, besigheidsreg en sosialesekerheidsreg. In 2009 is sy as senior lektor aangestel by Unisa, en is intussen tot Assosiaat Professor bevorder. In 2014 het Judith haar doktorale proefskrif getiteld “An evaluation of the rights of fixed-term employees in South Africa” aan Unisa voltooi met prof Vettori as studieleier. Sy het al by nasionale en internasionale konferensies voorleggings gedoen en verskeie artikels in geakkrediteerde joernale en hoofstukke in spesialishandboeke gepubliseer. Haar navorsingsgebiede sluit arbeidsreg, maatskappyereg en aspekte van kontraktereg in. (Die foto is deur Judith Geldenhuys geneem en verskyn met haar toestemming.)

Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Judith Geldenhuys, Jacques Nieuwoudt Onderhoude 2026-06-04

Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.

Vonnisbespreking: Die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging

Jacques Nieuwoudt, Judith Geldenhuys LitNet Akademies (Regte) 2026-05-28

"Die regs- en beleidsimplikasies van werkgewerdiskresie om aanstellings te maak na aftrede word [...] ondersoek ten einde die bewysregtelike en etiese kompleksiteit van arbeidsgeskille wat handel oor die beëindiging van die diensverhouding nadat werknemers aftreeouderdom bereik het, uit te wys."

An evaluation of several aspects impacting on the prerogative not to promote employees

Judith Geldenhuys Academic research 2018-02-02

"The court appears to recognise only one type of promotion, namely competitive promotion, where the internal candidate must compete with persons from outside the workplace for what would be a promotion for him or her."

’n Oorweging van verskeie aspekte rakende die prerogatief om werknemers nie te bevorder nie

Judith Geldenhuys LitNet Akademies (Regte) 2018-02-01

"Arbeidsforums is hier nie geneë om in die verhouding tussen werkgewers en werknemers in te meng nie, en die prerogatief wat werkgewers geniet om die kandidaat van hul keuse te bevorder, word deur ons howe erken."

Top