Juanita Louw

Juanita Louw voltooi haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns in 2014 aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Joan Hambidge. Haar dissertasie fokus op die digkuns van Marina Tswetajewa wat ʼn studie van Russies inspireer. Voorheen woon sy vir geruime tyd in Londen en werk in ʼn hospitaal in die Oosteinde. Deur die jare werk sy onder andere met antieke juweliersware en gee Engelse klasse aan buitelanders. Sy is gebore op die goudvelde van die Vrystaat en bestuur tans ʼn sielkunde-praktyk in Kaapstad.

Onderhoud en video: Juanita Louw oor In die grot van die sibille

Juanita Louw, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2016-08-31

"'n Profesie is 'n antwoord op 'n vraag. Hoe mens die vraag stel, beïnvloed die antwoord wat mens kry. Soms is die gedig die antwoord; soms die vraag."

Top