Ek het van kleins af 'n passie vir die natuur en biologie gehad, en was een van die min jongmense wat presies geweet het wat ek na skool wou doen. My voorgraadse studie het verskeie aspekte van plant- en dierkunde ingesluit, soos fisiologie, ekologie en taksonomie. Ek het besluit om nagraads te fokus op plantekologie en in my meestersgraad ook geraak aan plantfisiologie, -patologie en -genetika asook entomologie. My beplande PhD-graad sal fokus op 'n wyer spektrum van plant- en dierekologie, en ek sien baie uit daarna.
Vir meer volledige agtergrond en publikasies volg gerus die volgende skakels: