JP Rossouw

JP Rossouw is na sy aftrede as Navorsingsdirekteur van Edu-HRight ’n navorsingsgenoot in die Navorsingseenheid Onderwys en Menseregte in Diversiteit (Edu-HRight) van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit. Hy is ’n NNS-gegradeerde navorser wat spesialiseer in arbeidsreg in onderwys en sportreg in skole.

Hy het verskeie navorsingstoekennings van die NNS, die NWU en die Fakulteit Opvoedkunde ontvang, en het op uitnodiging lesings by regskole en fakulteite van onderwys aan die Universiteit van Dayton, Cleveland State Universiteit en die Anglia-Ruskin Universiteit in Chelmsford aangebied. Hy het as hoofspreker deelgeneem aan die Statebondkonferensie in Nairobi, Kenia, en verskeie skoolhoofkonferensies in China. Hy was ’n besoekende professor op uitnodiging aan die Queensland Universiteit van Tegnologie in Brisbane, Australië, in die VSA (Ohio, Oklahoma en Texas), aan die Westminster Universiteit in Londen en Brock Universiteit, St. Catharine’s, Kanada. Hy het ook referate by konferensies in Suid-Afrika, Bulgarye, Hongarye, Ciprus, Namibië, Zambië en Nieu-Seeland gelewer. Hy was redakteur van verskeie Onderwysregboeke en regstydskrifte, en is die outeur of mede-outeur van ’n aantal boeke en artikels in geakkrediteerde joernale. Hy tree gereeld op as eksterne eksaminator van nagraadse studies. Rossouw het gedurende sy loopbaan op die nasionale bestuur van die SA Onderwysregvereniging (SAVO) en op die Nasionale Raad van die Federasie van Skoolbeheerliggame (FEDSAS) gedien.

Failure to implement safety regulations: a workplace risk for FET technology teachers

JP Rossouw, Joop Oosthuizen, Ewelina Niemczyk Academic research 2024-07-22

"The research findings indicated that a number of distinct factors contributed to workplace insecurity amongst FET technology teachers, most notably that several key role players did not fulfil their professional responsibilities."

Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers

Joop Oosthuizen, JP Rossouw, Ewelina Niemczyk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-22

"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."

Wêrelde uitmekaar: raad vir plaaslike, wêreldbekwame navorsers

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2018-07-31

"Ons het verskeie 'wêrelde' binne ons eie land, en ons moet bekwaamheid ontwikkel oor kultuur- en taalgrense heen, sodat ons ook suksesvol navorsing kan doen in ’n vreemde omgewing wat dalk net 10 km ver is."

A South African perspective on the preparation of globally competent researchers

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Academic research 2018-05-24

"Higher education institutions play a vital role in preparing future researchers able to meet globalised expectations for their future careers within and outside academia. It is important to realise, however, that the way research is being done and shared is continuously being transformed."

’n Suid-Afrikaanse perspektief op die voorbereiding van wêreldbekwame navorsers

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-05-24

"’n Vinnig veranderende navorsingsomgewing wat voortgedryf word deur globalisering, internasionalisering, tegnologiese vooruitgang en die gebruik van vernuwende metodologieë vereis nie net vaardige navorsers nie, maar meer spesifiek wêreldbekwame navorsers."

Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?

Estelle Kruger, Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Onderhoude 2017-08-28

"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."

Access to research assistantship opportunities in global north and global south

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw Academic research 2017-08-22

"Ultimately, a more inclusive approach to research assistantships would lead to an increased number of skilled young researchers able to contribute significantly to the research capacity of a given institution."

Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide

Ewelina Niemczyk, JP Rossouw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-08-22

"’n Meer inklusiewe benadering tot navorsingsassistentskappe kan lei tot ’n toename in die getal vaardige jong navorsers wat die vermoë het om tot die instelling se navorsingskapasiteit by te dra."

Top