Joop Oosthuizen

Joop Oosthuizen spesialiseer in die onderwysersopleiding van Siviele Tegnologie-onderwysers (VOO) in die Fakulteit Opvoedingswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Hy het 14 jaar ondervinding as opvoeder in internasionale en plaaslike hoërskole, kolleges en die NWU-sentrum vir Afstandsonderrig en -leer. Joop is ook die afgelope 14 jaar as dosent aan die NWU verbonde, waar hy ʼn HOD (Tech) en die grade B.Ed Hons., MEd en PhD behaal het. Hy spesialiseer in onderwysreg, met spesifieke fokus op die werkpleksekuriteit van opvoeders, skoolinfrastruktuur, en beroepsgesondheid en -veiligheid. Dit is ook in hierdie areas waar hy verskeie referate gelewer het as spreker by internasionale konferensies in Suid-Afrika en Australië, en tans ook nagraadse studiebegeleiding vir MA- en PhD-studente behartig.

Failure to implement safety regulations: a workplace risk for FET technology teachers

JP Rossouw, Joop Oosthuizen, Ewelina Niemczyk Academic research 2024-07-22

"The research findings indicated that a number of distinct factors contributed to workplace insecurity amongst FET technology teachers, most notably that several key role players did not fulfil their professional responsibilities."

Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers

Joop Oosthuizen, JP Rossouw, Ewelina Niemczyk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-22

"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."

Top