Jonas Bovijn

Ek voltooi vanjaar my gemeenskapsdiensjaar as dokter in Kimberley in die Noord-Kaap. Ek is passievol oor mediese navorsing, en stel veral belang in hartsiektes. My huidige navorsing fokus op rumatiese hartsiekte, 'n probleem wat veral voorkom onder jonger mense in ontwikkelende lande. My meestersprojek kyk spesifiek na die verfyning van eggokardiografiese siftingstrategieë vir dié siekte onder tieners. 

Ek is ook 'n medestigter van JUCRISA, 'n organisasie wat daarop gemik is om junior klinici met 'n belangstelling in navorsing te ondersteun en aan te moedig.

Einstein-kompetisie: Jonas Bovijn

Jonas Bovijn Einstein-kompetisie 2016-07-12

Jonas het sy meestersgraad aan die Londense Skool vir Higiëne en Tropiese Medisyne voltooi.

Top