John Cornelius Witbooi

Ek is John Cornelius Witbooi, leier van die Witbooi Namastam in Suid-Afrika. Ek is gebore in Carnarvon, in die Noord-Kaap. Ek is getroud en het twee dogters.

Sedert 2006 is ek betrokke by die Rieldans, as beoordelaar. Ons het ook onlangs die Rieldans en Namastap Trust SA gestig om die Rieldans en Namastap te bevorder en verder te ontwikkel. Ek is die voorsitter van die trust.

As gekwalifiseerde onderwyser help ek ook met SBA (Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans) se Brugbouprogram, waar ons matrikulante voorberei vir tersiêre inrigtings.

Ek is ook ’n baie toegewyde ambassadeur vir die Afrikaanse taal. Hierdie taak word met onverdrote ywer uitgevoer. Om Afrikaans te beskerm, bevorder en ontwikkel het by my ’n leefwyse geword.

Selnr: 072 106 1409

Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag

Glynn Alard, Catherine Arendse, John Cornelius Witbooi, Jatti Bredekamp, Willa Boezak, Celeste Matthews-Wannenburgh, Pedro Dausab Die Afrikaanse Taalraad-portaal 2018-05-22

Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.

Top