Van 1980 tot 2018 was Johannes Vorster as dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika verbonde by die departement wat vandag bekend is as Bybelkunde en Antieke Studies. Sedert 2019 is hy emeritusprofessor. Hoewel hy opgelei is in Nuwe Testamentiese Studies, is sy liefde en spesialiteitsterrein die Retoriek, en spesifiek dit wat mens “Retorieke van die lyf” sou kon noem, en wat dan die raamwerk word van waaruit die vroeë Christendom, asook bepaalde resepsies daarvan in die hede, bekyk word.