Johannes Hendrik van der Merwe is in 1952 gebore, het in die Koue Bokkeveld grootgeword en skoolgegaan in die laerskole Boy Muller, Gericke, met matriek voltooi aan Charlie Hofmeyr, Ceres in die aardbewingjaar 1969. Gradueer aan die Universiteit Stellenbosch (BA, MA en DPhil in Geografie). Hy werk as dosent, professor en hoof van die Departement Geografie en Omgewingstudie aan die Universiteit Stellenbosch. Publikasies hoofsaaklik in akademiese joernale, boekhoofstukke, atlasse en navorsingsverslae rakende ruimtelike analises en omgewingsproblematiek. Tans afgetree op Hermanus en bly gefassineer deur die uitdagings van stedelike ontwikkeling en die behoud van kultuurlandskappe.