Johanna Steyn

Johanna Steyn is sedert 2006 ’n lektor in Frans in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch. In 2014 behaal sy haar PhD in vertaling in die Departement Afrikaans en Nederlands met ’n proefskrif getiteld “Direkte vertaling versus abbavertaling met verwysing na kulturele oordrag” onder leiding van Ilse Feinauer. In 1993 verwerf sy ’n meestersgraad aan die UFR François Rabelais in Tours, Frankryk, met ’n verhandeling oor die manier waarop Boere uitgebeeld is in Franse jeugromans wat voor en tydens die Anglo-Boereoorlog geskryf is. Tussen die MA en die PhD het sy vir etlike jare as tolk by die parlement van Suid-Afrika, die WVK en ander instansies gewerk. Sy het ook ’n lisensiaat in drama en het aan die Jacques Lecoq internasionale teaterskool in Parys, Frankryk studeer. Haar onderrig- en navorsingsbelangstellings sluit taalonderrig, vertaling en Franse teater in.

2025-UJ-prys vir vertaling aan Naòmi Morgan vir Ons wag vir Godot: commendatio

Johanna Steyn Boeke en skrywers 2025-09-22

"So ja, jy het Beckett se Godot gelees of gesien, maar wat ’n Godot het jy nie onder oë gehad nie! Dis ’n vertaling wat getrou is aan die oorspronklike teks, maar dis ook ’n vertaling wat die Afrikaanse leser en kyker betrek in die gesprek. En dit is miskien juis in hierdie dualiteit – die getrouheid aan Beckett en ook die waagmoed en die kennis om dit te verryk – dat Naomi se genialiteit as vertaler werklik na vore kom."

Van doekvoet na eendvoet: Die vertaling van Afrikaanse romans in Frans

Johanna Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-03-18

Hierdie artikel is ’n ontleding van die verskynsel van abbavertaling en bied ’n kort oorsig oor die vertaling van Afrikaanse romans in Frans.

Top