Johann Crous

Johann Crous is ’n modenavorser wat onlangs afgetree het.

Naas Onderwys het hy ook kwalifikasies in Kuns, Drama, Tekstielontwerp, Draaiboekskryf, Regisseurswerk en Fotografie verwerf.

In die tagtigerjare was hy betrokke by kabaret en het saam met Gerard Scholtz vele kabarette die lig laat sien.

Hy het hom sedert sy aftrede begin toespits op sy liefde vir die geskrewe woord en het die afgelope drie jaar al verskeie kortverhale en tekste vir TV-reekse ontwikkel. Hy beskou dié lekkerhede bloot as stokperdjies – totdat iemand sy stories ontdek en hom afpers om meer ernstig te skryf. Dramatiese komedie is sy gunstelinggenre.

Hy is getroud met een vrou, het twee kinders en drie kleinkinders.

Duine

Johann Crous Fiksie 2022-05-19

"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."

Top