Johan van Zyl
Johan van Zyl is ‘n vryskutjoernalis, -vertaler en -taalversorger van Koringberg wat sy joernalistieke tande geslyp het by Die Burger, waar hy die profielrubriek Oop Kaarte begin het en deesdae bydraes lewer vir die rubriek Van Alle Kante. Hy het ook ‘n draai gemaak by die tydskrifte Tuis en VISI, waar hy twee jaar die redakteur was.