Johan de Waal

Johan de Waal is gebore en getoë in Vereeniging en net so gelaat staan.

In 1985 begin hy die wêreld ontdek, sonder ’n paspoort, met komplimente van oom PW en seuns. As onsuksesvolle civvy sluit hy liewer by die Staande Mag aan en gradueer hy aan die Militêre Akademie te Saldanha met ’n Baccalaureus Militaria en sit sy wêreldreis voort, dié keer met die komplimente van ooms Nelson en Thabo, maar steeds sonder ’n paspoort.

In 2004 ontdek hy die konflikte van die Midde-Ooste, met ’n paspoort maar sonder enige ooms.

Wyslik besluit hy dat die wêreld baie meer vreedsaam is op eie bodem en begeef hy hom in die landbou.

Deesdae reis hy met ’n paspoort na die paar plekke in die wêreld waar vrede die botoon voer en help hy tussendeur met landelike beveiliging en die voer van die land.

Twee sekondes: Tyd en ruimte in die lewe van ’n sluipskutter

Johan de Waal Menings 2024-08-21

"Beskermers het net twee Mississippi’s om ’n verskil te maak. Hulle fout het die wêreld byna permanent verander. Byna was in dié geval genoeg. Volgende keer dalk nie."

Top