Johan C Coetzee

Johannes Cornelius (JC) Coetzee is ‘n gebore en getoë Pretorianer, oud-Menloparker en steeds stoere Blou Bul wat sedert 1982 reeds in selfopgelegde ballingskap sy potjie in die Kaap probeer krap. Na verwerwing van ‘n honneursgraad in plantkunde aan die Universiteit van Pretoria is hy vir drie jaar as junior dosent aan daardie universiteit werksaam, waarna ‘n kort en frustrerende tydjie in die staatsdiens volg. In 1982 aanvaar hy ‘n betrekking as dosent aan die destydse Skiereilandse Technikon in Bellville en in 1983 word hy tot senior lektor bevorder. Hy is tans medeprofessor in die Departement Tuinbouwetenskappe aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, waar hy hoofsaaklik met die aanbied van kursusse in plant- en plantsiektekunde gemoeid is. Meesters- en PhD-grade in plantkunde is ook deur die Universiteit van Pretoria verwerf. Op navorsingsgebied bemoei hy homself hoofsaaklik met swamtaksonomie en nomenklatuur, maar hy behou ook ‘n lewendige belangstelling in die kweek van eetbare inheemse sampioene. Hierdie belangstellings het reeds meer as twintig navorsingspublikasies in geakkrediteerde tydskrifte opgelewer, met verskeie in voorbereiding.

JC is getroud en het ‘n seun op universiteit en ‘n hoërskool-dogter. Nie-akademiese belangstellings is legio, maar sluit onder meer bergklim en ‘n lekker geploeter voor die stoof in.

Opgedateer/Updated: 2009-08-05
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Peter Blum en die Commonwealth Mycological Institute: Van digter tot abstraheerder

Johan C Coetzee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-08-05

"Daar word na ’n moontlike voorbeeld van Blum se werk as abstraheerder verwys en ook kortliks oor die rede vir sy diensbeëindiging bespiegel."

Top