Joel Claassen voltooi sy BA-graad in Afrikaans en Nederlands en Engels in 1992 aan die Universiteit Kaapstad, en het sedertdien sy BA (Hons) met onderskeiding, MA in Afrikaans en Nederlands, sowel as sy doktorale proefskrif oor tydruimtelike deiksis in Karel Schoeman se drieluik,
Stemme, in 2005, ook aan die Universiteit Kaapstad voltooi.
Hy is in 2004 as deeltydse lektor in die Afdeling Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Kaapstad aangestel waar hy doseer oor VIGS-voorkomingsveldtogte in die media, vertaalkunde, Afrikaans vir nie-moedertaalsprekers en Afrikaanse dienskursusse aan die Mediese en Gesondheidswetenskappe Fakulteite.
Opgedateer/Updated: 2007-11-30
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za