Jodi Jantjies

Jodi Jantjies studeer joernalistiek aan die Stellenbosch Universiteit.

Sy is ook ’n sanger en werk reeds ’n geruime tyd saam met ATKV-Crescendo.

Jodi hakkel erg en steek dit vir niemand weg nie, want sê sy: “Jy is soveel meer as daardie ‘gebrek’. Wanneer jy praat, forseer jy almal om jou om na jou te luister en daai ding is kragtig.”

#opdielug met Jodi Jantjies

Robyn van de Rhede, Jodi Jantjies Onderhoude 2021-04-13

Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is student en sanger Jodi Jantjies.

Jodi Jantjies stel ’n mini-album bekend met ATKV-Crescendo

Jodi Jantjies, Izak de Vries Onderhoude 2021-03-02

"Crescendo het my aan die hand gevat en my toegelaat om myself te ervaar. Ek het myself gevind en so ook my selfvertroue voor ’n gehoor. Ja, vreemd genoeg, voor ’n gehoor vol ménse."

Top