JM Otto

Jannie Otto is in 1952 in Louis Trichardt gebore. Hy het op ’n plaas agter die Soutpansberg grootgeword en op Vivo en Louis Trichardt skoolgegaan. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en verwerf die grade BA LLB (cum laude) en LLD. Vanaf 1 Oktober 1981 is hy professor in die regsgeleerdheid aan die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) (nou die Universiteit van Johannesburg). Jannie is die skrywer, redakteur of medeskrywer van ‘n tienstuks regsboeke, waarvan sommiges in sowel Engels as Afrikaans verskyn het en waarvan verskeie meerdere uitgawes beleef het. Voorts het hy meer as 150 artikels, aantekeninge, resensies, rubrieke en vonnisbesprekings in regstydskrifte die lig laat sien. Hy het meer as 40 kortverhale, humoristiese sketse en ‘n gedig in Rapport, Sarie, Landbouweekblad, Weg, joolblaaie en elders gepubliseer. ‘n Keur hiervan is deur Lapa Uitgewers gepubliseer onder die titel Duwweltjies en Rowe. Jannie was tussen 1987 en 1989 studentedekaan van RAU, koshuisvader van Benjemijn Dameskoshuis vir ses en ‘n half jaar, en vanaf 1 Augustus 2004 tot 31 Desember 2008 uitvoerende dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Johannesburg.


LitNet Akademies (Regte): Corlia van Heerden in gesprek met Jannie Otto

JM Otto, Corlia van Heerden 2012-05-29 Corlia van Heerden gesels met Jannie Otto oor sy LitNet Akademies-artikel "Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming".

Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming

JM Otto 2012-03-30 Hierdie artikel bied ’n oorsig van die afkoelreg in verskeie Europese lande betreffende verskillende kontrakte en die “algemene beginsels” wat in hierdie verband ontwikkel is.
Top